Afrikaanse Klub Gold Coast

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size

AFRIKAANSE KLUB GOLD COAST

 

Gold Coast Piekniek 11 Okt 2009 Piekniek 8 Nov 2009

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Welkom by die webblad van die Afrikaanse Klub, Gold Coast, Australië!

Ons is 'n groep vriende hier aan die Gold Coast van Australie wat ons eie sosiale klub gestig het. Ons vorm deel van die Afrikaanse Klub Australië. Sowat 130 gesinne vorm huidiglik deel van ons groep en dit groei by die dag.

Ons skakel in by die bedrywighede van die oorhoofse Afrikaanse Klub Australië, maar reel ook bykomstige bedrywighede vir ons lede hier in die Gold Coast. Hierdie geleenthede behels 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite en kan basies enigiets wees wat lede graag wil doen. Ons wil dit lekker maak vir die Afrikaanse mense wat op die Gold Coast bly. En as daar Engelssprekende mense is wat met ons wil assosieer is hulle baie welkom. Ook mense wat in ander areas, soos Brisbane bly is baie welkom by ons byeenkomste.

Enigeen is welkom om aan te sluit. Die betaling van ledegelde is absoluut vrywillig. Ons gaan niemand dwing om gelde te betaal nie. Die goeie ding is dat enige ledegelde wat jy betaal aangewend word vir ons bedrywighede hier in die Gold Coast. Slegs 'n klein gedeelte gaan na die oorhoofse Afrikaanse Klub Australië vir administratiewe uigawes soos ouditfooie, ens. Ons sal vroeg volgende jaar die fasiliteit om ledegelde te betaal aanbring op ons webblad. Vir nou kan ledegelde nog betaal word op die webblad van die oorhoofse Afrikaanse Klub Australia www.afrikaans.org.au. Maak net seker dat jy aandui dat jy in die Gold Coast bly.

Ons fokus op die positiewe dinge wat ons mense bymekaar bring en nie uitmekaar jaag nie. Enigeen wat iets sosiaals wil reel kan dit doen en die mense wat wil of kan sal daarby inval. Byeenkomste mag egter nie vir eie gewin wees nie - dit kan egter bygevoeg word op die lys van besighede. Ons wag vir voorstelle vir byeenkomste (sien ons kontak besonderhede).

 

 

CB Login

Log in asb.

Facebook

Facebook Group